top of page


Agri-Seed and Technology
Die maatskappy het sy onstaan te danke aan `n groepering wat `n liefde en passie vir sojabone deel. Vandaar die leuse "Ons passie is Sojas". Nuwe praktyke word internasionaal ondersoek om te kyk of ons sojaboonopbrengste in Suid-Afrika kan verhoog.
Na `n deeglike ondersoek het AST in 2012 produsente se sojabone begin inneem. Dit is skoongemaak met moderne toerusting en daarna behandel met `n langlewe-entstof. AST bied `n optimale voorsprong aan sojaboonprodusente op die volgende maniere: Kundige advies voor stroop, ontkiemingstoetse, optimale hantering en opberging, skoonmaak van graan, geklassifiseerde pitgroottes, wêreldgehalte swamdoders, gespesialiseerde masjiene asook netjiese verpakking van u keuse.

Agri-Seed
Agri-Seed is die saadhandelsmerk van AST. In 2013 is `n ooreenkoms met Santa Rosa Semillas onderteken vir die evaluering en verspreiding van hulle kiemplasma in Suid-Afrika. Jaarliks word ongeveer 100 Kultivars getoets en slegs die heel bestes word geselekteer en geregistreer.
Tydens die 2016/2017 seisoen het Agri-Seed se kliënte die eerste keer deelgeneem aan die Pioneer Weeg-en-Wen-kompetisie. `n Nuwe aangetekende rekord sojaboon oes is behaal met ons RA568R-Kultivar onder besproeing. `n Merkwaardige 6.25 t/ha is daarmee geoes en RA560R het `n derde plek behaal met 5.31 t/ha.
In die 2017/2018 seisoen spog ons met twee derde plekke: RA568R se 5.23 t/ha (besproeiing) en RA560 se 4.73 t/ha (droëland).
Tydens die 2018/2019 seisoen het Agri-Seed se RA560R weer `n eerste plek losgeslaan in die droëland afdeling met `n 4.73 t/ha.
In die 2019/2020 seisoen het Agri-Seed `n nuwe aangetekende rekord sojaboon oes behaal met ons RA560R-Kultivar droëland. `n Merkwaardige 5.29 t/ha is daarmee geoes.
Ons prestasie word direk toegeskryf aan kundige advies, kwaliteitprodukte, onmisbare diens en ons passie vir sojabone.
bottom of page